Met wie praat ek op Sondagaand? Kuierpraatjies met my FB-vriende oor hulle buitengewone lewens.
In Europa is dit nou vakansietyd en ek gesels met Petrie oor hoe 'n mens 'n reis kan beplan en wat 'n "travel councellor" nou eintlik doen.
Norma en ek het donkiejare gelede saam op die nuuslessenaar by die SABC gewerk. Ons praat oor die draaie wat haar lewe sedert dié tyd gemaak het en oor haar groot passie: om alkohol te stook.
Gerda is bekend vir haar romans, gedigte en kortverhale waarmee sy al 'n hele klomp pryse gewen het. Ons gesels oor gotiek, sprokies en haar nuutste roman, Die Grafdigter.
Louis het geen bekendstelling nodig nie nie, wie ken nou nie sy wonderlike TV-reeks, Die Boekklub nie? Minder bekend is dalk die feit dat hy ook jeugromans skryf. Ons gesels oor sy nuutste boek, 'n Jaar in my lewe, wat vroeër vanjaar die rakke getref het.
Hester is die eienaar van 'n Etsy-winkel. Ons gesels oor wat dit is en hoe 'n mens dit doen.
As jy haar winkel wil besoek, moet jy hier gaan loer: https://somethingforyounl.etsy.com
Mevrou Smit het sekerlik geen bekendstelling meer nodig nie. Onlangs het die vierde boek in die reeks, "Doodgewoon mevrou Smit" verskyn. Ek gesels met die skepper van die eiesinnige amateur speurder en ons praat ook oor haar kinderboeke, veral oor Speurhond Willem wat dekades al lesers se verbeelding aangryp. In die tweede deel van die gesprek praat ons meer spesifiek oor Mevrou Smit.
Riana en ek praat oor 'n wonderlike aweregse feetjie wat sonskyn met haar saamdra waar sy ookal gaan. Riana vertel hoe dit gebeur het dat sy Christelientjie die feetjie geskep het en waarom dit so belangrik is om stories vir kinders te vertel.
Indien jy graag die prenteboek wil aanskaf, kyk op LAPA se tuisbladsy:
https://www.lapa.co.za/christelientjie-die-sonskynfeetjie-van-die-grootrivier
Nerina was een van die eerste mense met wie ek gepraat het, toe ek drie jaar gelede in April met my podcast begin het. Nou in my verjaarsdagmaand, het ek besluit om te hoor hoe dit deesdae met haar gaan. In die finansiële wêreld het Nerina geen bekendstelling nodig nie: sy is 'n bekende beursverhandelfondsstrateeg en lewer gereeld markkommentaar. Ons gesels oor hoe 'n mens vir jou oudag kan beplan en die vreugdes van oumawees.
Kry 'n koppie tee en skuif nader om te luister na my en Dina se heerlike kuier net voor die Paasnaweek. Dina woon in die buurt van Utrecht en ons gesels oor oumaskap, musiekonserte en hoe 'n mens die lewe kan geniet as jy enkel is.
Hierdie is 'n gesprek waarna almal wat betrokke is by kinders, behoort te luister. Of jy nou 'n ouma, 'n ma of 'n onderwyser is, dit is belangrik om te verstaan waarom dit so ongelooflik nodig is vir 'n kind om goed te kan lees. Christien vertel ook waarom 'n mens vir 'n kind van geboorte af al moet voorlees, liedjies sing en rympies en gedigte opsê.
Ek is mal oor Julio se boeke en dit was vir my 'n heerlike voorreg om met hom oor sy werk en oor skryf in die algemeen, te praat. As jy nog nie kennis gemaak het met Zeus van Wyngaardt nie is dit hoog tyd om een van sy avonture op jou leeslys vir 2026 te sit.
Die meeste mense kan haar as Pou Veer, 'n staatsreg geleerde wat baie kundig is oor Europese politiek. Ons praat oor Duitsland en hoe die land verander het. Loammi verduidelik ook die verhoudinge tussen Wes Europa en Rusland.
Lycette woon al 'n paar jaar in Nederland en maak dit haar werk om mede Suid-Afrikaanse expats te vermaak met hoe sy die verskille in kultuur aanpak. Ons gesels oor die realiteite wat jou te wagte staan as jy na 'n nuwe land toe verhuis.
Loer gerus op FB en Tiktok om te sien wat sy alles aanvang.
TikTok: @satonl_lycette
Cliffordene en ek gesels oor haar skrywersloopbaan, standaard Afrikaans en jeugboeke vir tieners wat hulleself min in jeugliteratuur raaklees.
Toe uncle Bells sy verskyning in Annemarie se lewe gemaak het, het sy besluit om nie onder die bed weg te kruip nie, maar om eerder op tiktok vir mense te vertel wat haar getref het.
Soms gesels 'n mens net so lekker met iemand dat dit voel asof jy die hele dag lank kan bly praat. Anschen en ek praat oor ons groot passie: lees en boeke en ons sukkel om uitgepraat te raak. Sy is bekend op FB vir haar resensies op "Uitdieperdsebek" en sy skryf ook resensies vir oa Litnet.
Daar is 'n splinternuwe skrywersforum in Bloemfontein. Ek en Tosca gesels oor hoe dit tot stand gekom het en wat dit nou eintlik is.
Miskien ken jy vir Ian du Toit, miskien nie, maar kom kuier saam, asseblief! Ek en Ian ken mekaar van ons universiteitsdae af. Ons vra onsself af wat van die tyd geword het. Hoe op aarde het ons nou op die vooraand van ons pensioen beland en wat op aarde gaan ons nou doen?
Vickie het onlangs 'n pragtige kinderresepteboek die lig laat sien in samewerking met Antjie Krog en Roelien Immelman. Die boek se naam is Kombuistaal en word deur Lapa uitgegee. Ons gesels oor die boek en dan praat ons oor fermentasie. Ek het onlangs 'n werkswinkel by haar bygewoon en wonderlike dinge oor kimchi en kombucha geleer.
Troula is 'n bekende en gevierde kinder- en jeugboekskryfster. Ons gesels oor haar skryfproses en die stand van kinderliteratuur. Sy en haar man het onlangs in Guernsey by hulle kinders gekuier en sy vertel ook 'n bietjie meer oor die eiland.
Hier is 'n skakel na van haar boeke toe: https://www.nb.co.za/af/authors?authorId=1793
Betrayal Weekly is back for a new season. Every Thursday, Betrayal Weekly shares first-hand accounts of broken trust, shocking deceptions, and the trail of destruction they leave behind. Hosted by Andrea Gunning, this weekly ongoing series digs into real-life stories of betrayal and the aftermath. From stories of double lives to dark discoveries, these are cautionary tales and accounts of resilience against all odds. From the producers of the critically acclaimed Betrayal series, Betrayal Weekly drops new episodes every Thursday. If you would like to share your story, you can reach out to the Betrayal Team by emailing them at betrayalpod@gmail.com and follow us on Instagram at @betrayalpod and @glasspodcasts. Please join our Substack for additional exclusive content, curated book recommendations, and community discussions. Sign up FREE by clicking this link Beyond Betrayal Substack. Join our community dedicated to truth, resilience, and healing. Your voice matters! Be a part of our Betrayal journey on Substack.
If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.
Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com
Listen to 'The Bobby Bones Show' by downloading the daily full replay.
The Clay Travis and Buck Sexton Show. Clay Travis and Buck Sexton tackle the biggest stories in news, politics and current events with intelligence and humor. From the border crisis, to the madness of cancel culture and far-left missteps, Clay and Buck guide listeners through the latest headlines and hot topics with fun and entertaining conversations and opinions.