Nostalgooi

Nostalgooi

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.com A series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.

Episodes

September 26, 2022 86 mins
Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek. Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het. Met nog ’n rits treffers, insluitende ‘Die Trein na Matjiesfontein’, ‘Harlekyn’, ‘Jantjie’ en ‘Waterblommetjies’, word sy die enigste Afrikaanse sangeres wat ses jaar in ...
Mark as Played
As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg. Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp. Nadat hy aanvanklik by Brigadiers Musiek sy loopbaan...
Mark as Played
July 25, 2022 54 mins
Hierdie blonde bondeltjie dinamiet het geen bekendstelling nodig nie. As ’n diep gelowige mens, glo Annie Malan dat ‘die engeltjies’ vir haar op 11-jarige ouderdom die rol van Nina in Fiela se Kind gegee het, 34 jaar gelede… Met opvolgrolle in, onder andere, Saartjie, Supersnuiters, ’n Pot Vol Winter, en Glaskasteel, het sy haar gevestig as ’n kinderaktrise van formaat. Hoewel sy steeds nou en dan voor die kameras verskyn, he...
Mark as Played
July 8, 2022 61 mins
Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf. As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Lance James en die grapjas Bill Flynn, en was sy selfs skakelbeampte vir die Reggae-legende Eddy Grant. Winchester se loopbaan in die musi...
Mark as Played
June 24, 2022 79 mins
‘Daar’s niks soos ware liefde…’ Dit was Groep Twee se wegholtreffer in die sewentigerjare. Gert van Tonder het nog daardie ware liefde vir musiek. Op ’n hupse 81 jaar sing hy steeds en is hy versot daarop om nog soveel genot aan mense te verskaf. As ’n jongman, het Van Tonder homself gevisualiseer as ’n sanger, as ’n liedjieskrywer, as ’n omroeper, as ’n akteur. Dit was inderwaarheid metafisika, wat hy later sou bestudeer...
Mark as Played
May 27, 2022 66 mins
Nostalgooi Seisoen 1 is moontlik gemaak deur Helpende Hand. Ons wou meer weet van hulle dinamiese leier, Hannes Noëth en sy span: Hannes het sy roeping nog altyd beskou as dié van ’n ‘boodskapper wat mense van ’n hooplose einde na ’n lewe vol eindelose hoop help begelei’. As predikant in die Gereformeerde Kerk, het hy vir 17 jaar in die bediening gestaan. Hannes het egter nog altyd ’n passie gehad vir Suid-Afrika en sy mense....
Mark as Played
May 13, 2022 65 mins
Sandra Prinsloo is, soos resensent Barry Ronge dekades gelede opgemerk het, ’n nasionale skat. Haar groot deurbraak op die verhoog was Siener in die Suburbs, terwyl The Gods Must Be Crazy haar internasionale roem laat verwerf het op die silwerdoek. In altwee produksies het Prinsloo teenoor Marius Weyers gespeel, wat haar verlief laat raak het op toneelspel en met wie sy tot vandag ’n spesiale chemie deel. Na 55 jaar in die be...
Mark as Played
April 29, 2022 88 mins
Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins platvloers. Hy is diep, met ’n ontsaglike kennis van musiek. En, ’n fenominale vermoë as liedjieskrywer. Sy musiek het dikwels die o...
Mark as Played
April 15, 2022 68 mins
Lochner de Kock erken dat hy nooit geweet het wat hy wil doen nie. Toe doen hy maar sy naam gestand. Die naam Lochner is afgelei van die Skotse riddersnaam ‘Lochinvar’, en ’n ridder moet dien. Lochner dien al vir bykans 50 jaar Suid-Afrikaanse gehore, hetsy as akteur, sanger, omroeper, skrywer of sjef. Hy was selfs ’n sweefstokkunstenaar in ’n Londense sirkus! Praat van veelsydigheid! Sy eerste liefde bly egter die verhoog. Wa...
Mark as Played
April 1, 2022 96 mins
Ek wens dat jy jou liedjie vir ons kon sing… Wel, Jannie du Toit het, vir Nostalgooi, presies dit gedoen. Hierdie gevierde sanger en liedjieskrywer, en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging, gee ook vir ons ’n blik op sy legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir hom staan woord-toon verhoudinge voorop, en hy vertel van hoe wyle Christa Steyn sy tekste tot hul reg laat kom en hoe hulle saam blysp...
Mark as Played
March 18, 2022 76 mins
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is. Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai. In die genadelose leerskool van joernalistiek e...
Mark as Played
February 25, 2022 104 mins
Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek. Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook afgemaak as taal van die onderdrukker, totdat hy mettertyd besef het dat dit inderwaarheid nié die witmens se taal was nie. Dit was ook...
Mark as Played

Popular Podcasts

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations.

    The Nikki Glaser Podcast

    Every week comedian and infamous roaster Nikki Glaser provides a fun, fast-paced, and brutally honest look into current pop-culture and her own personal life.

    Stuff You Should Know

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

    Crime Junkie

    If you can never get enough true crime... Congratulations, you’ve found your people.

    Start Here

    A straightforward look at the day's top news in 20 minutes. Powered by ABC News. Hosted by Brad Mielke.

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2024 iHeartMedia, Inc.