Sakeliga Beleidsradar

Sakeliga Beleidsradar

Die Beleidsradar is Sakeliga se podsending oor beleid en hoe dit jou en jou besigheid raak. www.sakeliga.co.za

Episodes

December 7, 2022 10 mins
In hierdie episode van Beleidsradar op Pretoria FM gesels Gerhard van Onselen met omroeper James Kemp oor ’n allegaartjie van beleidskwessies aan die einde van 2022.

Daar word gekyk na die onlangse regeringsbesluit om die uitvoer van skroot vir ʼn tydperk van ses maande te verbied, asook na die nuwe Wetsontwerp op Openbare Verkryging.

Kan hierdie wetsontwerp as een van die eerste spykers in die doodskis van die omstrede beleid van Sw...
Mark as Played
Tian Alberts (regsbeampte by Sakeliga) gesels op RSG oor gebeure op regsgebied waarby Sakeliga tans betrokke is. Sakeliga voer tans verskeie hofsake en is veral betrokke by sake waar daar beoog word om munisipale hervorming te bewerkstellig.

Sakeliga het byvoorbeeld in 2021 ʼn sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noordwes aanhangig gemaak. Die doel van hierdie saak is om ʼn onafhanklike ouditeursfirma as sogenaamde “spesial...
Mark as Played
Gerhard van Onselen (Sakeliga, operasionele bestuurder en ontleder) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (Sakekern, Pretoria FM) oor die onlangse herrie oor invoerbelasting op gevriesde aartappelskyfies.

Van Onselen bevraagteken die sukses van hierdie invoerbelastings om plaaslike bedrywe werklik te ondersteun.

Uiteindelik kom die koste van sulke belastings grotendeels op verbruikers en selfs op sekere ondernemings te l...
Mark as Played
Piet le Roux (Sakeliga se uitvoerende hoof) gesels met James Kemp op die Beleidsradar (Vrydae-aande op Sakekern Pretoria FM) oor die onlangse herrie oor ‘n interne memorandum by Dis-Chem.

Die memorandum plaas ‘n moratorium op die verdere aanstelling en bevordering van wit mense in Dis-Chem.

Hierdie moratorium is uit verskeie oorde verwerp. Hoewel die memorandum teruggetrek is, is dit nog nie duidelik of Dis-Chem van die beleid sel...
Mark as Played
Tabak en e-sigarette is omstrede produkte. Die gesondheidsowerhede in Suid-Afrika beoog wetgewing om sulke produkte nog strenger te reguleer.

Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp oor die besluite om sodanige produkte strenger te reguleer.

Van Onselen sê dat sulke regulasies sal uitloop op verskeie ongewenste faktore soos ‘n hewige sentralisering van beheer oor mense se keuses en voorkeure, en skade tot die handels-...
Mark as Played
Tian Alberts (Sakeliga regsbeampte) gesels met RSG Monitor oor Sakeliga se onlangse uitspraak oor die Ditsobotla-munisipaliteit waar dienslewering en watervoorsiening inmekaargestort het.

Sakeliga het die hof genader om die administrateur te verplig om nou watervoorsiening in die munisipaliteit te herstel.

Die uitspraak in die hooggeregshof in Mahikeng is ’n onderdeel (Deel A) van ’n tweedeelhofsaak waarmee Sakeliga en andere die ro...
Mark as Played
Piet le Roux (Sakeliga uitvoerende hoof) gesels op die Beleidsradar-insetsel vir Sakekern (Pretoria FM) oor die voorgestelde BEE-kode vir die regspraktyk, naamlik vir prokureurs en advokate.

Hierdie kode word voorgestel om ingrypende BEE-bepalings in die regsprofessie te vestig.

Volgens Le Roux poog die kode om strenger rassetransformasie in die regsprofessie af te dwing en om onredelike bepalings wat selfs op verpligte arbeid neerk...
Mark as Played
[Scroll down for English]

Martin van Staden (regsgenoot by Sakeliga) gesels op die Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM) oor die wetsontwerp op onteiening. Hy gee sy mening oor die wetsontwerp in die lig van die voorgestelde grondwetwysiging wat nie geslaag het nie.

Van Staden benadruk die belang van sterk eiendomsreg en wys op die kortsigtigheid van ’n aanslag op eiendomsreg. Daar is verskeie maniere hoe swak eiendomsreg skade vir be...
Mark as Played
[Scroll down for English]

In hierdie episode van Beleidsradar (op Pretoria FM, Sakekern) gesels Gerhard van Onselen (Strateeg by Sakeliga) met omroeper James Kemp oor die Mededingingskommissie, monopolieë en ongelykheid.

Dit volg op die standpunte van minister Ebrahim Patel in September 2022 oor monopolieë in Suid-Afrika. Die Mededingingskommissie beoog om al hoe meer ingrypend op tree, maar is hierdie optrede die manier om probleme...
Mark as Played
Tian Alberts (regs- en skakelbeampte by Sakeliga) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM). Die gesprek bekyk die nuwe wetsontwerp op betreding (onwettige toegang tot persele) wat onlangs vir kommentaar gepubliseer is.

Hierdie wetsontwerp was onlangs prominent in die nuus en die sosiale media. Alberts gee meer inligting oor die wetsontwerp en weerlê ’n aantal wanopvattings.

Wat egter vir Sakeliga belangrik ...
Mark as Played
Gerhard van Onselen (strateeg by Sakeliga) gesels met James Kemp oor die huidige gebeure in Sri Lanka.

Dit volg op ’n onlangse gesprek by KragDag 2022 deur Russell Lamberti (ekonoom en uitvoerende direkteur by Sakeliga) oor die redes vir Sri Lanka se agteruitgang en huidige ekonomiese krisis.

Tot dusver het pryse in Sri Lanka die hoogte ingeskiet en verskeie produkte soos brandstof is gerantsoeneer. Armoede en lyding word algemeen ...
Mark as Played
Piet le Roux (uitvoerende hoof, Sakeliga) gesels met omroeper James Kemp op die Beleidsradar op Pretoria FM oor Kragdag.

Die Kragdag Ekspo vind jaarliks plaas en talle uitstallers kom byeen om onder die vaandel van selfstandigheid en staatsbestandheid. In 2022 was daar meer as 500 uitstallers.

Sakeliga is die hoofborg van KragDag en Le Roux vertel meer oor hierdie ekspo en die waardes van staatsbestandheid wat dit nastreef.
Mark as Played
In die hierdie episode van Beleidsradar gesels Gerhard van Onselen (Sakeliga) met James Kemp op die insetsel vir Beleidsradar (Pretoria FM) oor die moeilike vrae oor vermeende storting van produkte en invoerbelasting as remedie.

Dit volg ná omstrede aansoeke vir invoerbelasting op voertuigbande wat van China af ingevoer word. Sulke belastings kan bande se pryse vir alle padverbruikers verhoog.

Onlangs het die minister van handel, ...
Mark as Played
Martin van Staden gesels met James Kemp van Pretoria FM op die Beleidsradar-insetsel oor die onlangse verwikkelinge ten opsigte van openbare deelname aan beleidskwessies.

Van Staden verwys na uitlatings deur hooggeplaastes in die departement van gesondheid, waar onder meer na burgerlike instellings wat teen die onlangse tydelike Covid-19-reëls litigeer, as saboteurs en terroriste verwys is.

Die skokkende optrede van die minister va...
Mark as Played
In die volgende gesprek vir die Beleidsradar op Pretoria FM, aangebied deur James Kemp, gesels Gerhard van Onselen oor die reg en die moeiliker vrae oor die regmatigheid en billikheid van wette en regulasies self.

Hierdie is natuurlik ’n lewendige debat wat sedert die dae van Augustinus en Thomas van Aquino woed. Die meeste van ons stem saam dat ons in een of ander mate gebind word deur ’n plig teenoor gesag, maar daar is ook perke...
Mark as Played
In hierdie insetsel vir Beleidsradar, op Pretoria FM, gesels James Kemp met Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) en Morné Malan (Kommunikasiehoof, Solidariteit) oor Eskom en die huidige elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika.

Daar word gekyk na die onlangse verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor Eskom en wat die SNI meen nodig is om die krisis hok te slaan.

Malan en Van Onselen kyk verder na die noodsaak van gu...
Mark as Played
Wanneer is dit reg dat landsburgers en instellings soos Sakeliga teen die staat litigeer?
Piet le Roux (Sakeliga se uitvoerende hoof) bespreek hierdie kwessie op die Sakekern (Pretoria FM) se Beleidsradar-insetsel.

Le Roux en James Kemp bekyk Sakeliga se benadering tot litigasie en noem voorbeelde waar Sakeliga die howe bygestaan het om goeie presedente in die reg te vestig. Le Roux verduidelik waarom dit nodig is in Suid-Afrika se...
Mark as Played
Gerhard van Onselen (Strateeg – Sakeliga) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (op Pretoria FM, Sakekern) oor die uitspraak deur die hoogste hof van appèl.

Die hof het in die guns van groepe soos British American Tobacco (BATSA), die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) en ander geraakte partye teen die minister van samewerkende regering bevestig dat die verbod op tabakverkope onwettig en ongrondwetlik was. Die verbod...
Mark as Played
Gerhard van Onselen (Sakeliga strateeg) gesels met James Kemp op Pretoria FM se Sakekern Beleidsradar-insetsel oor die onlangse uitlatings deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) wat dui op strenger vereistes vir rassetransformasie in die finansiële dienstesektor.

Die gedragsowerheid het onlangs ‘n konsepstrategie vir swart ekonomiese bemagtiging voorgestel en verwag dat hierdie strategie later vanjaar ingestel sal...
Mark as Played
In vandag se Beleidsradar (ook op Sakekern, PretoriaFM uitgesaai) gesels Tian Alberts (Sakeliga Regsbeampte) met James Kemp (Pretoria FM) oor Sakeliga se dringende litigasie teen die gesondheidsregulasies wat op 4 Mei 2022 in werking gestel is.

Hierdie regulasies poog om regulasies wat onder die Covid-19-ramptoestand gegeld het, permanent te maak. Die regmatigheid van hierdie regulasies word uit verskeie oorde betwis. Die regulasies...
Mark as Played

Popular Podcasts

    Start your day with The Bright Side, a new daily podcast from Hello Sunshine. Co-hosted by journalist, TV host, and podcaster, Danielle Robay and Emmy-nominated journalist, host, and producer, Simone Boyce, The Bright Side brings your daily dose of culture and inspiration – with the latest trends, celebrity interviews, and real conversations with women doing amazing things while navigating life’s transitions, big and small. The Bright Side is a talk show created to inspire, educate, and empower women as they tackle life each day and add joy to their morning routines. Join Danielle and Simone and the Hello Sunshine community every weekday for entertainment, culture, wellness, books, and more.

    Ways To Win

    Winning is an everyday mindset, and the coaches are here to help. Hosts Craig Robinson and John Calipari use their on-court wisdom to solve your off-court problems. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    Dateline NBC

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations.

    Crime Junkie

    If you can never get enough true crime... Congratulations, you’ve found your people.

    Stuff You Should Know

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2024 iHeartMedia, Inc.